GVDD

How did that route get that name? Jokes. Funny bits. Crag humour.
User avatar
emile
Posts: 810
Joined: Mon Dec 10, 2007 7:41 am
Real Name: OneDog

Re: GVDD

Post by emile » Tue Aug 04, 2009 4:09 pm

Twee pelle sit vroeg oggend langs die vis waters, dis nog donker.

Die een ou vra....." het jy al ingegooi?"



Die ander ou sê....." nee, ek soek nog die glase......"

User avatar
polkadot
Posts: 84
Joined: Tue Aug 07, 2007 5:56 pm

Re: GVDD

Post by polkadot » Fri Sep 04, 2009 7:51 pm

‘n Sakeman ontmoet ‘n Chinees met die naam Sipho Mthethwa. Hy dink dis
‘n vreemde naam vir ‘n Chinees en vra hoe hy die naam gekry het.

Die Chinese Sipho vertel toe hy het in die ry by Binnelandse Sake
gestaan vir sy Suid-Afrikaanse ID-boek.

Toe vra hulle die ou voor hom se naam en dié antwoord “Sipho
Mthethwa”. Ons man uit die Ooste is die volgende en toe die dame hom
vra wat sy naam is, antwoord hy “Sem Ting”.

Ja, en so word ‘n Chinees toe Sipho Mthethwa.

User avatar
emile
Posts: 810
Joined: Mon Dec 10, 2007 7:41 am
Real Name: OneDog

Re: GVDD

Post by emile » Mon Jan 04, 2010 1:57 pm

Een oggend na pouse toe die sub-b klas terugkeer vind die juffrou iemand het gebollie op die vloer voor die swartbord. Na 'n lang gegiggel kry sy dieklas om te kalmeer en vra wie dit gedoen het.

Niemand antwoord nie.

Sy vra toe vir al die kinders om op hulle arms te lê en dan maak sy ook so.Die een wat die bollie gelos het moet dan vorentoe stap, dit optel en "jammer klas" op die bord skryf. Sy belowe dat sy ook nie sal kyk wie dit is nie.

Na so 2 minutes met almal se koppe op hul arms hoor die juffrou hoe iemandse stoeltjie stadig uitskuif, voetstappe tot by die swartbord, 'n gegriffelmet kryt, 'n gegriffel op die vloer, voetstappe terug en 'n stoeltjie wat terug skuif.

Met hoop maak sy haar oë oop en kyk met skok na die vloer na 'n tweede bollie en op die bord staan: "Die skim kak weer"

User avatar
emile
Posts: 810
Joined: Mon Dec 10, 2007 7:41 am
Real Name: OneDog

Re: GVDD

Post by emile » Thu Feb 11, 2010 7:51 am

My fortuinverteller:

Sy: "Jy sal hard werk en armgat wees tot jy vyftig is."
Ek vra: "Ja, en dan?"
Sy: "Dan sal jy daaraan gewoond wees."

User avatar
emile
Posts: 810
Joined: Mon Dec 10, 2007 7:41 am
Real Name: OneDog

Re: GVDD

Post by emile » Tue May 04, 2010 9:12 am

Daar is weer een moerse aswolk wat veroorsaak dat vlugte weer nie mag opstyg nie. Blykbaar is die Lions heavy besig om hulle trophy cabinet skoon te maak.

User avatar
emile
Posts: 810
Joined: Mon Dec 10, 2007 7:41 am
Real Name: OneDog

Re: GVDD

Post by emile » Wed Jun 30, 2010 8:42 am

Hasie ontsnap uit die laboratorium. Hop, hop, hop in die groen velde.

Sien 'n wollerige diertjie, groot ore, groot tande, pienk neusie. "Wat is jy?" vra Hasie. "Jissie, pêl, ek is 'n hasie, nes jy. Waar kom jy vandaan?" "Uit die lab uit."

Die wilde hasie hou 'n lang oranje ding met groen blare na hom toe. "Het jy al wortels geëet?" "Bliksem! Dis lekker! Het jy nog hiervan?" "Ja, hope, man. Maar sê my: as jy niks van wortels weet nie, weet jy darem van seks?" "Seks?" "O donner. Wag, hier ander kant is 'n gat vol van my niggies en nefies. Kom ons hop soontoe, dan kan jy nog wortels eet en sommer leer van seks ook."

Hop, hop, hop die tweetjies. Uiteraard word daar die hele dag wortels gevreet en seks bedryf en so teen son-onder sê die laboratorium-hasie uitgeput en tevrede: "Baie, baie dankie vir al die seks en die wortels, maar ek moet nou gaan." "Waarnatoe?" vra die wilde hase. "Terug laboratorium toe." "Laboratorium toe? Hoekom wil jy terug na daai aaklige plek?"

"Kyk ouens," sê die lab-hasie, "Wortels is lekker en seks is fantasties en alles, maar ek vrek nou vir 'n sigaret."

User avatar
emile
Posts: 810
Joined: Mon Dec 10, 2007 7:41 am
Real Name: OneDog

Re: GVDD

Post by emile » Fri Jul 30, 2010 9:37 am

'n Blinde ou stap per ongeluk by 'n lesbian bar in. Hy gaan sit op 'n
barstoel en bestel 'n drankie .

Terwyl hy daar sit, skreeu hy vir die bartender: "Hey, wil jy 'n dom
blond joke hoor?"

Tjoepstil....

In 'n diep stem fluister die girl langs hom in sy oor:

"Voor jy daai joke vertel moet ek jou vyf dinge sê pel:
*Die bartender is 'n blonde vrou
*Die bouncer is 'n blonde vrou
*Die girl langs my is 'n body builder. Sy's blond.
*Op regterhand het jy jou senior tipe blonde gewigopteller.
*Plus ek's 'n sesvoet, 120kg blonde chick met 'n doktorsgraad,'n
swartbelt en 'n bad attitude.

So dink nou mooi pel. Wil jy nog steeds daai grappie vertel?"

Die blinde ou dink so oomblik en skud dan stadig sy kop.

"Nee wat," sê hy.

"Nie as ek dit vyf keer moet verduidelik nie."

User avatar
Gustav
Posts: 628
Joined: Mon Jul 18, 2005 3:49 pm
Location: Waterval Boven

Re: GVDD

Post by Gustav » Fri Jul 30, 2010 2:41 pm

Twee groot wit haaie swem in die see en sien 'n skip wat sink.

"Volg my, seun" sê pappa haai vir sy seun en hulle swem tot by die skip.

"Eers swem ons om die mense in die water met net die puntjies van ons vinne
wat wys"

En hulle doen dit.

"Knap gedaan, seun! Nou swem ons om hulle met ons hele vinne wat wys."

En hulle doen dit.

"Nou eet ons almal."

En hulle doen dit.

Toe albei dik gevreet is, vra die seun, "Pa, hoekom het ons hulle almal nie
sommer net van die begin af opgevreet nie? Hoekom moes ons al om hulle
swem?"

Sy wyse pa antwoord, "Want hulle proe beter sonder die stront binne-in."
Gustav
Roc 'n Rope Adventures
Waterval Boven
013 257 0363
climb @t rocrope dot com

User avatar
Nic Le Maitre
Posts: 1220
Joined: Mon Apr 02, 2007 9:40 am
Real Name: Nic Le Maitre
Location: Stellenbosch

Re: GVDD

Post by Nic Le Maitre » Thu Sep 30, 2010 7:52 am

'n Jong man uit die Vrystaat kom Johannesburg toe en gaan na een van daai "alles-onder-een-dak" winkels en soek vir werk . Die bestuurder vra hom, "Het jy enige ervaring met verkope?"

Ja se die mannetjie, "Ek het kunsmis by die koöperasie verkoop."

Die baas het van die jong man gehou en gee toe vir hom die werk .

"Jy begin môre . Ek sal so teen sluitingstyd 'n draai kom maak om te sien hoe Dinge gegaan het."

Sy eerste dag was 'n bietjie rof maar hy het dit gemaak.

Na die winkel gesluit het, kom maak die baas 'n draai op die winkelvloer.

"So,hoeveel klante het jy vandag gehad?"

Die jong man antwoord sonder om te huiwer, "Een."

Die baas sê, "Net Een? Ons verkoopsmense hier hanteer 'n gemiddeld van 20 Tot 30 klante op 'n dag . Hoeveel het die klant spandeer?"

"R461 387.55" sê die jongman.

"R461 387.55?! Wat die joos het jy aan hom verkoop?!"

"Wel," sê die man, "Ek het eers 'n klein vishoek aan hom verkoop . Toe verkoop ek 'n medium grootte vishoek en uiteindelik 'n groot vishoek . . . Toe verkoop ek aan hom 'n nuwe visstok. Toe het ek hom gevra waar hy gaan visvang en hy sê toe by Sodwana aan die noordkus en ek sê toe vir hom dan gaan hy beslis 'n groter boot nodig hê en toe stap ons oor na die Bootafdeling en verkoop ek aan hom 'n nuwe Kingkat met dubbele Yamaha buiteboordenjins.

Hy sê toe vir my hy dink nie sy Toyota Corrola gaan die ding gesleep kry Nie, toe vat ek hom na die motorafdeling en verkoop aan hom 'n nuwe 4x4 Hilux Raider."

Verstom vra die baas, "'n Ou kom hier in om 'n vishoek te koop en jy verkoop aan hom 'n boot en 'n bakkie?"

"Nee, hy was hier om tampons vir sy vrou te koop toe sê ek vir hom, wel, jou naweek is elk geval in sy moer in, jy kan maar net sowel gaan visvang."
Happy climbing
Nic

User avatar
emile
Posts: 810
Joined: Mon Dec 10, 2007 7:41 am
Real Name: OneDog

Re: GVDD

Post by emile » Mon Oct 18, 2010 9:54 am

Op 'n besoek aan 'n hospitaal vir verstandelik gestremdes vra 'n
Besoeker een van die dokters:. "Wat presies is die kriteria wat bepaal
Of 'n pasiënt opgeneem word of nie?" Hy merk ook op: "Die mense wat
Ons tot dusver hier gesien het, lyk vir my so normaal soos ek en jy."

"Wel," antwoord die geneesheer, "ons maak 'n bad vol water. Dan kry
Ons pasiënt 'n teelepel, 'n teekoppie en 'n emmer. Ons sê vir hom dit is
'n baie belangrike toets. Die spoed waarmee hy dit gaan afhandel, sal
Deurslaggewend wees. Ons wys hom die stophorlosie wat gebruik word om
Die tyd noukeurig te bepaal en vestig ook weer sy aandag op die
Teelepel, die koppie en die emmer. Hy word gevra om die bad so vinnig
As moontlik leeg te maak."

"Mmmmmm . . . Ek verstaan," sê die besoeker. " 'n Normale persoon sal
Die emmer gebruik, want dit is groter as die Teelepel en die koppie."

Nee," sê die dokter. "Enige normale persoon sal die prop uittrek.
Wil Jy 'n bed naby die venster hé? "

User avatar
emile
Posts: 810
Joined: Mon Dec 10, 2007 7:41 am
Real Name: OneDog

Re: GVDD

Post by emile » Fri Dec 03, 2010 2:45 pm

Een middag wag daar 'n pedofiel buite 'n skool in Brakpan…
Die klokkie lui en hy sien vir drie meisies alleen loop.
Hy vra toe vir hulle "Will julle meisies nie dalk sweets hê nie?"
Hulle sê: "Ja, Oom, dit sal lekker wees."
Toe die sweets klaar is vra hy "Wil julle nog sweets hê?"
Hulle sê: "Ja, Oom, dit sal lekker wees."
Hy sê toe: "Dan moet julle maar saam met my ry om te koop."
Hulle eet toe lekker sweets by die winkel…
Hy vra toe "Is julle nog lus vir sweets?"
Hulle sê: "Ja, Oom!"
Dan moet julle maar saam ry na my huis toe."
"Okay, Oom!"
Hulle kom toe by die huis en eet lekker sweets in die kombuis…
"Wil julle nog hê?" vra hy toe later.
"Ja, Oom, sal lekker wees!"
Hy sê toe "Dan moet julle saamkom na my kamer toe, want die sweets is daarbo."
"Okay, Oom, dis reg!!"
Soos hulle hom volg by die trappe op sê die een meisie vir die ander…
"Hier gaan ons suikersiekte kry voor ons 'n spyker kry!!!"

User avatar
emile
Posts: 810
Joined: Mon Dec 10, 2007 7:41 am
Real Name: OneDog

Re: GVDD

Post by emile » Fri Sep 16, 2011 8:49 am

Al gehoor van die kannibaal wat sy vrou uitgk#k het?

User avatar
emile
Posts: 810
Joined: Mon Dec 10, 2007 7:41 am
Real Name: OneDog

Re: GVDD

Post by emile » Thu Nov 03, 2011 10:52 am

Blond stap die dokters spreekkamer in... Ontvangsdame se: "Sit so sekond..." Blond geskok: "Ek moet sit soos 'n WAT!?!?"

User avatar
emile
Posts: 810
Joined: Mon Dec 10, 2007 7:41 am
Real Name: OneDog

Re: GVDD

Post by emile » Tue Jan 31, 2012 3:35 pm

Daar's 'n nuwe slaap pil wat nou ook in setpil vorm uitkom. Hy werk blykbaar so vinnig dat as jy die volgende oggend wakker word is jou vinger nog steed in jou @#$.

User avatar
emile
Posts: 810
Joined: Mon Dec 10, 2007 7:41 am
Real Name: OneDog

Re: GVDD

Post by emile » Wed Feb 29, 2012 3:52 pm

Polisie klop laat aand aan Koos se deur en wys hom 'n foto. "Is dit jou vrou?" vra die polisieman. Geskok se Koos "Ja..." "Ons is jammer" se die polisieman "maar dit lyk asof 'n bus haar getref het.." "Ek weet" se Koos, "maar sy het 'n mooi persoonlikheid"

Chris F
Posts: 751
Joined: Fri Sep 22, 2006 1:45 pm
Location: Aberdeen, Scotland

Re: GVDD

Post by Chris F » Wed Feb 29, 2012 7:49 pm

:lol:

OMG (oud maar goed)

User avatar
Gustav
Posts: 628
Joined: Mon Jul 18, 2005 3:49 pm
Location: Waterval Boven

Re: GVDD

Post by Gustav » Thu Apr 12, 2012 12:52 pm

Jagter

Die 80-jarige oom besoek sy huisdokter vir sy jaarlikse ondersoek en die
dokter vra hom hoe hy voel.

"Uitstekend" sê die omie. "Ek het nog nooit beter gevoel nie. My 18-jarige bruid is swanger met my kind. Wat sê jy daarvan?"

Die dokter buig vooroor en sê: "Oom, kom ek vertel oom 'n storie. Een van
my vriende is 'n kranige jagter wat elke seisoen in die veld is. Eendag
was hy 'n bietjie haastig en gryp toe sy sambreel pleks van sy geweer. So
stap hy toe veld in en skielik sien hy 'n duiker agter die bos voor hom.
Hy lig sy sambreel op, lê aan en druk die handvatsel. Boem! En daar
slaan die duiker dood neer."

"Onmoontlik," sê die oom. “'n Ander man moes daai skoot geskiet het!"

"Presies," sê die dokter .
Gustav
Roc 'n Rope Adventures
Waterval Boven
013 257 0363
climb @t rocrope dot com

User avatar
emile
Posts: 810
Joined: Mon Dec 10, 2007 7:41 am
Real Name: OneDog

Re: GVDD

Post by emile » Wed Oct 17, 2012 1:11 pm

Oom stap by 'n bordeel in met n groot sak vol geld en se hy soek n fikse meisie! Hulle is kamer toe en begin seks he. 3 dae later staan hy op en rook gou. Hy staan voor die bed en bekyk haar op en af en se "Meisie jy gaan my nou vir n paar dae nie sien nie" Sy is half hartseer, "Maar gaan oom nou weg???" So terwyl hy sy sigaret dood druk kyk hy haar stip in die oe en se: "Nee meisie, ek gaan jou nou omdraai!

Post Reply