Kon nie myself help nie...
Speedkop stop 'n ou oomie want hy het te vinnig gery.
Hy sê "Ek sal oomie 'n kans gee. As oom vir my kan sê wat kom daar ver in die pad afgery, sal ek nie 'n kaartjie uitskryf nie."
Die oom sê "Dis 'n kar."
Die speedkop sê: "Nee, oom LUISTER nie. Is dit 'n Merc of 'n BM of 'n Volksie of wat? Kom ons probeer weer ... wat kom NOU daar aan?"
Oom sê "Dis 'n motorfiets."
Speedy sê "Nee, oom LUISTER nie vir my mooi nie. Is dit 'n Kawasaki of 'n Honda of 'n Yamaha? Watter motorfiets is dit?"
Speedy skryf die ticket uit en gee dit vir die ou oompie. Voordat hy terug stap na sy voertuig, skree die oompie:
"Wag meneer die polisieman! Hou net aan, kom luister gou-gou hier."
"Ja oom?"
"Sê vir my seun, as jy daar in Sunnyside staan en daaaa op die anner hoek van die straat staan daar 'n ding met 'n mienie-rokkie en boets aan, met so 'n klein toppie en 'n sigaret in die hand ... wat is dit?"
Speedy "Oom, dis 'n prostituut."
Oompie
"Nee seun, jy LUISTER nie ... is dit jou sussie, jou tannie, jou ouma, of jou MA ?!"
